Onafhanklikheidsdag (Verenigde State)

Vuurwerk oor die Washington-monument in Washington, DC
Onafhanklikheidsdagparade in Washington, DC
'n Pragtig versierde Onafhanklikheidsdagkoek

In die Verenigde State is die Onafhanklikheidsdag (Engels: Independence Day, dikwels ook Fourth of July, July Fourth of America Day genoem) 'n federale openbare vakansiedag ter herdenking van die aanvaarding van die Onafhanklikheidsverklaring van die Verenigde State op 4 Julie 1776, waarmee die land die koloniale bewind van Groot-Brittanje afgeskud het.

Die Onafhankliheidsdag word gewoonlik met vuurwerke, parades, braaie, bier, pieknieks, bofbal-wedstryde en talryke ander private en openbare plegtighede geassosieer waarmee die geskiedenis, regering en tradisies van die Verenigde State gevier word. Vuurwerke word sedert die jaar 1777 op 4 Julie afgevuur.


Developed by StudentB